amolavita

Nog ‘n week verby
Dis ‘n week sedert ek laas geskryf het. My vingers het soms met ’n punt getrek rekenaar toe, maar saans het my oë toegeval voordat ek nog behoorlik tot stilstand gekom het.

Dit was omtrent ’n besige week. Ek begin die patroon agterkom. So twee weke van die maand loop dinge hier teen ‘n gelykspoed, dan een week teen ‘n slakkepas en dan die volgende week soos ‘n kaskar wat afdraand jaag. Laasweek was die kaskar-week.

Ek dink ook ek begin in die roetine kom van vroeg opstaan en vroeg gaan slaap. Al my lewe lank kon ek wakker bly tot ounag toe, maar dan moes jy nie verwag jy sien my voor die son nie reeds hoog sit nie.

Ek besef nou hoeveel ek gemis het deur so in die nag te wandel. Sonsondegang is mooi, maar wragtig – daar is iets heeltemal anders mooi aan ‘n sonsopkoms. Dis sprokies mooi, al byt die koue sulke geniepsige happies uit mens se lyf so vroeg in die oggend. Ek maak wasemkringe soggens met my asem, probeer soos gesoute rokers om kringetjies te blaas.

My ma het gisteroggend gebel. Dit gaan goed met almal, maar ek het gehoor sy bel nie sommer net omdat bel bel is nie. My ma HOU van ’n telefoon en sy kan laaaank praat. Dan vertel sy my van mense wat ek, volgens haar, mos kan onthou van daardie dag soveel jare gelede toe ons daar en daar by die en daai was. ”Ja man, Sussa, jy MOET onthou. Die een het so gemaak en so gelyk en toe sê daardie een dit en dat. Onthou jy nou?”

Ek het lankal geleer om nie eers meer te sê ek weet nie van wie sy praat nie of dat ek nie onthou nie. Dit maak die draai van haar gesprekke net ekstra langer. So, ek hoor meeste van die tyd hele relase oor mense wie ek nie die vaagste benul het van waar ek hulle ken of behoort te ken nie, maar ek gesels lustig saam asof ek hulle jare lank al ken en net anderdag nog weer gesien het.

Gister het sy net so effentjies en bolangs gepraat. Toe vra ek haar of iets fout is. Voor ek kon klaar vra en voor sy so huiwerig-huiwerig begin praat het, het die beklemming my klaar gevat. Ek het sommer geweet dis iets oor HOM.

”Sussa, HY was gisteraand hier by die huis. Hy wil weet hoe gaan dit met jou en wat hoor ons van jou. Hy maak nog steeds asof jy jou alles verbeel het en asof hy die verontregte een is. Sussa, ek wou nog my ’pose’ hou, maar toe jaag jou pa hom weg. Jy ken jou pa, hy word min kwaad. Sussa, jou pa was soos ‘n besetene. Ek dink jou pa het te lank stilgebly deur alles en dit het gesweer binne-in hom. Gisteraand het die sweer gebars. Jou pa het gedreig om hom te skiet as hy weer sy voete hier sit of as hy jou probeer opspoor.”

Iets het sommerso lig geword in my. My pa het so min gepraat deur alles dat ek nog al die tyd wonder of hy dalk dink ek moes harder gewerk het aan my huwelik. Of hy my tog maar verkwalik en dalk nie alles glo wat ek vertel het nie. Nou besef ek eers dit alles het my pa dalk harder as wat ek besef het, getref. My pa, wat eintlik makliker as ander mans emosies wys, het hierdie kwaad gaan wegbêre omdat dit dalk net te veel was vir hom.

“Ma, sê vir Pa ek sê dankie.” Toe my ma nog wil vrae vra… “Pa sal weet hoekom ek dankie sê. Gee ma maar net die boodskap.”

Van gister af bly dit so lekker lig in my. Amper soos ‘n kind wie se pa ‘n “bully” vasgevat het. Ek is nie ligsinnig nie, ek sal seker nie maklik weer sommer net ligsinnig oor die lewe kan wees nie, maar op ‘n vreemde manier voel ek meer geborge as in al die maande wat my familie my deur alles gedra het.

Dankie Pa.

Posted in Dagboek

Naweek
Ek lees my twee vorige inskrywings en ek dink “hel, dit klink depressing”. Ek sal niemand kwalik neem as hulle nie weer hier kom lees nie. Dan onthou ek weer, ek skryf nie vir iemand nie, ek skryf vir myself. Om myself gesond te skryf.

Maar ek het al gaan rondlees op die ander blogs en ek sien, mens skryf naderhand ook vir dié wat by jou kom lees. Interessante wisselwerking wat hier is. As mens fyn genoeg lees, tel jy op sommige blogs die onderstrominge op en kan jy maar net wonder oor die storie agter die skerm.

Daar is niks wat mens so vinnig van jou eie ellende laat vergeet soos ander mense se ellende nie, by wyse van spreke nou. Dis dalk meer wat die sielkundige in gedagte gehad het. Ek huil oor ek nie skoene het nie, dan sien ek iemand sonder voete. Of iets in daardie lyn.

As ek objektief na my lewe kyk, dan was net ‘n derde daarvan regtig sleg. En soos die tyd aangaan, sal daardie breuk ‘n al hoe kleiner deel van die geheel uitmaak. Ek sal moet oor die 100 jaar oud word, voor dit ‘n tiende sal kan wees, maar ek sal definitief by ‘n vyfde of selfs ‘n sesde uitkom. En kan mens dan regtig kla as jou slegte jare so ‘n klein deel uitmaak van al jou jare?

Wag, ek is al weer aan die praat soos ‘n wegholtrein. Eintlik wil ek seker net sê ek het werklik nog baie om voor dankbaar te wees. Ek begin dit net nou eers weer besef.

Ek het vandag gehelp om ‘n vulletjie in die wêreld te bring. Dit was bietjie van ‘n moeilike geboorte, maar dit was vir my ‘n onvergeetlike ervaring toe daai perdjie eers daar is. So klein en tog so perfek. Ma en baba is piekfyn. Die vulletjie het nog nie naam nie, maar ons kan almal voorstelle maak. Ek dink nog aan ‘n naam.

Dit was vir my ‘n mooi dag. ‘n Sonskyndag. Ek weet die slaap gaan vannag maklik kom.

Posted in Dagboek

Huil
Dis iets wat ek maklik gedoen het. Huil omdat ek hartseer was, huil omdat ek bly was. Huil in ‘n mooi fliek, huil as ‘n kind seerkry. Huil as ek moes weggaan koshuis toe, na ‘n lekker vakansie by die huis. My famlie is demonstratief. Aaklige woord, laat dit soos iets klink wat mens kan opvreet.

Ons kon lekker huil, maar ons kon nog beter lag. En ons het baie gelag ook. Hulle lag nog steeds baie.

My ma se mense is downright luidrugtig en soen, groet, gesels, lag, skree, huil – ‘n kakofonie van klank, maar hulle verstaan mekaar. Hulle lief mekaar, sonder terughou, sonder pretensie. Hulle LEEF.

My pa het geglo dis okay vir ‘n man om emosie te wys. Hy en sy broers het mekaar altyd soos die Italianers gegroet. Behalwe nou vir die soen, maar met ‘n stywe druk. Ek het nie geweet hulle is ‘n uitsondering nie. Vir my was dit die norm. Ek het nie ‘n broer nie, maar as ek een gehad het, sou hy beslis ‘n man wees het wat in voeling is met sy emosies. Wat sou kon verstaan vroumense huil soms sommer net, soms sommer net vir die lekker van die skoon was van die trane.

Kies mens dalk soms die teenoorgestelde pool as maat om balans te bring? Is dit hoekom ek ‘n emosioneel kreupel mens gekies het, om balans te bring vir my baldadige geaardheid? Dit het my jare geneem om te erken dat HY die eintlike een met ‘n probleem is en nie ek nie.

HY was so fyn, so verskriklik fyn. Die wegkalwe van my selfversekerdheid, my lag, my lewe, het gebeur sonder dat ek eers geweet het dit gebeur. Dis soos daai streep wat mens oorsteek en eers weet jy’t dit oorgesteek ver by omdraai verby.

“Jy lag te hard, jy klink soos ‘n plaasmeid. Jy pis gedurig deur jou oë. Ek verpes oor-emosionele mense. Ek kan nie meer as ‘n uur by jou mense uithou nie, hulle geraas maak my mal, ek kan naderhand nie meer myself hoor dink nie.”

En op ‘n dag het ek besef ek maak verskonings om na my mense toe te gaan. Op ‘n dag het ek besef ek skrik as ek skielik hard lag oor iets. Op ‘n dag het ek besef ek byt my kieste rou aan die binnekant, maar ek huil nie meer.

Ek het nie gehuil deur die hele hofsaak nie. Ek het nie een keer in die inrigting gehuil nie. Die sielkundige het meer as een keer gesê dit sal help as ek net kan huil. Dis nie gesond om so op te krop nie. Ek WOU huil, ek wou regtig. Ek weet dat trane genesing kan bring. Ek kon nie. Nog nie.

Toe lees ek die kommentaar wat julle gelos het. En die huil het vir die eerste keer tot in my keel gekom. Dalk is dit regtig die eerste tree oppad na heelword. Om figuurlik ‘n hand uit te steek en te voel hoe ‘n vreemde hand jou ophelp. Dalk sal die huil weer eendag tot by my oë kom.

Dankie.

Posted in Dagboek

Die eerste dag
…van die res van my lewe. Dis wat die sielkundige gesê het, toe ek hom verlede maand vir die laaste keer gaan sien het. “Beskou vandag as die eerste dag van die res van jou nuwe lewe. Gaan leer om jouself weer lief te hê, gaan leer om die lewe weer lief te hê”

Dit het so maklik geklink. Die skeisaak is afgehandel, ek het werk gekry en HY weet nie waar ek is nie. HY is my eks-man. HY is my nagmerrie.

Ek dink ek was omtrent 15 toe ek en my ma die fliek “Sleeping with the enemy” gaan kyk het. Ek onthou twee goed van die fliek. Die eerste is dat daar ‘n toneel in was wat my baie skaam gemaak het om dit saam met my ma te kyk. Die tweede is dat ek gedink het geen vrou kan so dom wees om met so ‘n man getroud te wees en te bly nie. Ek het dae lank daarna nog gedink wat ek sou doen met so ‘n man, hoe ek hom sou uitoorlê en hom sou terugkry. Tipies arrogante tienergedagtes.

Vandag weet ek sulke goed kom soms terug en hap jou aan die hakskene. Ek weet nie of ek aan die noodlot glo of nog in God nie, maar een van die twee het besluit om my ‘n streep te trek en my presies net so ‘n man te gee. Dis eers wanneer mens midde-in dieselfde situasie staan waaroor jy gedink het jy beheer sal hê en dan besef jy het nie, wat jy nederigheid leer ken.

Ek babbel, ek weet. Dis een van die goed wat HOM soms briesend gemaak het. “Kom tot die fokken punt, jy klink soos ‘n idioot!” Ek het dan heeltemal vergeet wat die punt was en het self gewonder of ek nie dalk regtig ‘n idioot is nie. Maar hoe slaag ‘n idioot matriek met drie A’s? Hoe slaag ‘n idioot haar graad cum laude? Ek het hom dit eendag ewe hardegat gevra, een van die kere in die begin toe ek nog nie myself heeltemal verloor het nie. Ek het nie ooit weer daarna gewaag om hom te vra nie. Een keer was genoeg.

O ja, om terug te kom tot die punt. Die sielkundige het voorgestel ek begin weer skryf. Ek het 7 jaar laas werklik iets kreatiefs geskryf. “Begin vir jou ‘n blog – dis die nuutste gier. Jy kan enigiemand wees wie jy wil, jy kan anoniem skryf. Jy hoef nie bang te wees hy sal jou opspoor nie. Skryf sommer net wat in jou kop aangaan. Wat jy dink, hoe jy voel. Skryf dit uit jou gestel uit. Mense sal dit dalk lees, maar niemand weet wie jy is nie.”

So, nou skryf ek. Amolavita beteken losweg vertaal ‘love life’. Ek het die stad agtergelaat en ek werk in ‘n kantoor op ‘n plaas in die gramadoelas en ek bly ook hier. Ek kruip weg hier. Ek is “jack of all trades” hier en ek slaap snags sonder om bang te wees. Want HY sal my nie sommer hier kry nie. Ek weet eendag sal ek HOM weer moet “face”, maar eintlik wens ek eendag kom nooit nie.

Hier gaan almal vroeg slaap en staan vroeg op. Ek moet nog gewoond raak daaraan. Maar nou kan ek darem skryf as ek nie kan slaap nie. Ek mis mense, maar ek is nog nie reg vir mense in die regte lewe nie. Die mense hier weet nie waar ek vandaan kom nie, en hoekom nie. Net die baas weet.

Posted in Dagboek